Ek het dit eers vir ‘n ruk oorweeg om my blog se naam te verander, indien dit moontlik was om dit te doen, ek het dit nog nooit voorheen probeer doen nie, so dit sou ‘n eerste vir my wees Ek het eventueel besluit om dit nie te doen nie, maar in die vervolg meer Afrikaans as Engels te skryf.
Alhoewel ek amper net Engels lees, is dit steeds moeilik om myself uit te druk in die rooi taal, so van nou af, sal dit in Afrikaans gedoen word.
Ek gaan steeds dan en wan skryf as ek ‘n juweel vind wat ek beskou as ‘n winskoop, maar aangesien ek self nou Avon verkoop en ook ‘n span onder my het, gaan ek meer daaroor skryf. Die rede daarvoor is heel eenvoudig, ek kan nie iets verkoop wat ek nie self gebruik nie, met die gevolg toets ek meeste Avon produkte soos wat dit op die mark kom.
Ja, ek bevoordeel die produk en ek weet dit, maar dis omdat dit regtig ‘n fantastiese produk is. Ek kan nie dink aan iets waarmee ek so ontevrede was dat ek my geld wou terughê nie (terloops Avon het ‘n geld-terug waarborg op al hulle produkte).
Laaste, maar nie in die minste nie, indien jy tot dusver nog nie ‘n Avon konsultant het wat jou gereeld diens nie, kry vir jou een. Februarie se brosjure is die moeite werd.
No comments:
Post a Comment